Lighuis tot Lighuis Bergfietswedren

Lighuis tot Lighuis Bergfietswedren

Gansbaai Courant

Kennis kan nou reeds geneem word van Gansbaai Lions se jaarlikse en gewilde Lighuis tot Lighuis Bergfietswedren. Vanjaar vind dit plaas vanaf Saterdag, 7 Februarie 2015 tot Sondag, 8 Februarie 2015.

“Kom geniet twee dae se onvergeetlike ervaring in van die mooiste natuur- en kusgebiede van die Overberg en Agulhas,” sê Boats van Staden, Lionpresident. “Hierdie projek word aangebied met die uitsluitlike doel om fondse in te samel vir aanwending in ons gemeenskap waar daar indringende en ernstige behoeftes bestaan.”

Die deelnemers vertrek die Saterdagoggend vanaf die Dangerpoint Vuurtoring en spook sake kuslangs uit tot by die Agulhas Vuurtoring vir die eerste been van die wedren. Nadat hulle Saterdagaand heerlik ontspan het, pak hulle die terugtog die Sondag vir die tweede been terug na Dangerpoint aan. Inskrywing kan nou reeds op die webtuiste, www.entrytime.com, gedoen word. Vroegtydige inskrywings is van groot belang, aangesien daar slegs 200 toegelate inskrywings is.

Enige navrae kan aan Lionpresident Boats van Staden by 072-789-3627 gedoen word, of skakel vir Lion Gert Louw by 072-475-7256 (na ure). ‘n E-pos kan ook aan leo1052@telkomsa.net gestuur word.

Hardus Botha

Lighuis tot Lighuis Bergfietswedren

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant