Gansbaai Karavaanpark se nuwe blaadjie

Gansbaai Karavaanpark se nuwe blaadjie

Gansbaai Courant

Die nuwe (tydelike) Bestuurder van Gansbaai Karavaanpark, Norman Stevens, het gedurende die afgelope vakansieseisoen behoorlik lewe in die karavaanpark ingepomp en die park na ‘n nuwe blaadjie laat omslaan. Groot pret en gesellighede is gereël, soos onder andere ‘n potjiekoskompetisie, ‘n waatlemoenkompetisie, ‘n Oupa & Ouma kompetisie en veel meer soos “touch rugby” en ander boeresport wat aangebied is.

Die hoogtepunt was ‘n Mnr & Mej Gansbaai Karavaanpark Kompetisie wat deur Zane Zandberg en Carla Bouwer gewen is. Hulle was saam met vriende van Robertson daar. “Dit is nie waar die pret nou eindig nie,” vertel Norman. “Ons beplan om ‘n gesellige Valentynsnaweek aan te bied.” Hierdie gesellige naweek, wat net groot pret kan wees, word gedurende die naweek van 13 tot 15 Februarie 2015 aangebied. Vrae soos: “Hoe ken jy jou metgesel?” en andere sal deel vorm van die Valentynsnaweek. Norman is tydelik aangestel nadat Charlie Nowers en sy eggenote, Liz, ná 22 jaar as Bestuurspan van Gansbaai Karavaanpark afgetree het.

Vir enige navrae, veral met die oog op die Valentynsnaweek, kan Norman by 028-384-0872 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by gbkaravaanpark@gmail.com.

Hardus Botha

Gansbaai Karavaanpark se nuwe blaadjie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant