Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Inbrake deur rondlopers in De Kelders het die afgelope tyd toegeneem - blatant gedurende die dag. Gansbaai SAPD rig weer eens ‘n waarskuwing dat veiligheidshekke en dies meer te alle tye gesluit moet bly en dat ag geslaan word op rondlopers wat oënskynlik doelloos in die strate ronddrentel. ‘n Onlangse voorbeeld is ‘n bejaarde anonieme egpaar (om hulle teen identifikasie te beskerm) wat twee keer na mekaar onder hierdie tipe van inbrake deurgeloop het. “Met die eerste onlangse inbraak het my man ingedagte vergeet om die staalhek agter hom te sluit toe ons dorp toe is,” vertel Anoniem. “Met ons terugkeer het ek by die huis ingegaan en het die inbreker by my verbygestorm en was die beursie wat daar gelê het leeggemaak, my selfoon is geneem, asook sigarette wat daar gelê het.” Sy sê indien hulle later teruggekom het, sou die skade sekerlik groter gewees het.
In die tweede geval was dieselfde egpaar na Hermanus en het net ná 11:00 teruggekom. Sy is reguit na die reënwatertenk om haar plante nat te maak, met wie sy gereeld ‘n “gesprek” voer. Intussen staan die ongewenste persoon regs langs haar, gryp haar handsak wat sy nog in haar hand houvas het en spring oor die heining. “Alles van my is in die handsak - ID, bestuurslisensie, dokumente, vuurwapenlisensie, bankkaarte en dies meer - alles wat soveel ongerief beteken om dit weer te moet vervang,” het sy moedeloos gesê. In ‘n ander geval het twee oor ‘n heining gespring, maar is onverwags deur ‘n dame gekonfronteer en die verskoning was eenvoudig dat hulle water wou drink. Aan die bokant van De Kelders is daar ook op ‘n slaapplek met kombersies en klere afgekom wat deur Gansbaai SAPD opgevolg sal word. Stappers, veral dames, word ook weer eens ernstig deur die SAPD gewaarsku om nie op hul eie langs die see te gaan stap nie.
Ronddwalers in woongebiede wat verdag voorkom, moet summier aan Gansbaai SAPD by 028-384-0201 gerapporteer word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...