Gansies se Nuwe Jaar

Gansies se Nuwe Jaar

Gansbaai Courant

De Kleine Gansies Kleuterskool se Nuwe 2015 hou vele nuwighede in. Die nuutverkose Bestuurslede is Gretha Hanekom (voorsitter), Hanneke De Wet (ondervoorsitter), Lise Bosman (sekretaresse) en Chantelle Fourie (tesourier), met die knap Lanita Marais steeds as skoolhoof. Twee nuwe personeellede het ook bygekom, naamlik Maria Haarhoff (‘n ou Gansbaaier) en Annecke Perkins (vanaf Brits, Noordwes Provinsie).

Nog twee “nuwighede” is die toevoeging van ‘n klas vir 2 - 3 jariges, asook die nasorgklas wat na Laerskool Gansbaai verskuif is. Die klasse vir 2015 is soos volg uiteengesit: 2-3 jaar klas - Mandy Phillips en assistent Maria Haarhoff; 3-4 jaar klas - Jessica Geldenhuis en assistent Annecke Perkins; 4-5 jaar klas - Lanita Marais en assistent Annetjie Bauermeister. Die nasorgklas by Laerskool Gansbaai word daagliks vanaf 13:00 deur Annetjie Bauermeister en assistent Annecke Perkins bestuur.

“De Kleine Gansies Kleuterskool is 29 jaar gelede, 1986, deur Johan en Cormarie Pieterse, tans eienaars van Studio Jo-Signs, gestig,” vertel Lanita. “Die skool was aanvanklik in die Pretoriussaal gehuisves totdat die huidige perseel deur die munisipaliteit aan die skool beskikbaar gestel is.” Aanvanklik was daar net 1 klaskamer en 4 toilette, met 'n klein kombuis/stoorkamer. Na jare se fondsinsamelings en beplanning is 'n 2de klaskamer en kantoor/stoorkamer in 2011 aangebou. “Ons ontvang geen befondsing of subsidies nie en alle verbeterings, instandhouding en aankoop van voorraad moet deur middel van fondsinsameling geskied,” sê Lanita. Die skool is sentraal geleë en bedien kleuters van Gansbaai, Blompark en Masakhane, met die versekering dat “die skool aan die gemeenskap behoort” en deur verkose ouers bestuur word, soos vervat in hulle Grondwet.

Intussen is ‘n volledige “teerstraat met verkeerstekens” vanaf die hekkie tot by die skool aangebring. Sowat 16 “motorfietse” is aangeskaf, waarvan sommiges deur ouers geskenk is, en die area maak vir die volgende voorsiening: middellyne, stippellyne, sirkel, robot, stopstraat, parkering, voetoorgang en veel meer. Die baan is amptelik op Woensdag, 11 Februarie 2015 deur Tony Blakenberg, Assistent Superentintend Verkeer, geopen. Tony het ook enkele verkeersreëls aan die opgewonde kleuters verduidelik, maar hulle ook gerusgestel deur te sê dat hulle nooit vir verkeersmanne en -vroue bang moet wees nie. “Ons is daar om julle te help en regulasies toe te pas en as julle nie verkeersreëls oortree nie, sal julle nooit by ons in die moeilikheid wees nie,” het Tony vir hulle gesê. Nadat hy die lint geknip het, was dit chaos met die “motorfietse” en was alle verkeersreëls vergete!

Hardus Botha

Gansies se Nuwe Jaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant