Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Ondanks minder inskrywings as gevolg van nog ‘n MTB Bergfietswedren elders, was vanjaar se wedren wat deur die Gansbaai Lionsklub aangebied is, weer eens ‘n baie groot sukses,” sê Johanna Le Roux, Sekretaresse van Gansbaai Lions. “Die aantal deelnemers van Gansbaai na Agulhas was 93, waarvan 9 dag 1 gery het en slegs 57 die Sondag klaargemaak het. Ongelukkig vir hulle was die wind van voor baie sterk op altwee die dae, maar daar was darem lafenis die Saterdagaand en almal het dit terdeë geniet.”
Die algehele wenner van die 2 dae was vanjaar ‘n dame, Candice Neethling, met ‘n tyd van 8:05:01. Candice Neethling is 22 jaar oud en van Port Shepstone, KwaZulu-Natal, maar sy woon tans in Kaapstad. Sy neem al sedert 11-jarige ouderdom aan bergfietswedrenne deel, met vele groot prestasies agter haar naam. 2de was Jacques van Zyl (8:11:050), 3de Lionel Murray (8:18:32) en 4de John Pottage (8:20:20). John is Pottie van Gansbaai Bay Cycles (fietswinkel) se seun. In totaal het 13 dames aan die wedren deelgeneem, waarvan 10 altwee die dae gery het. Vanjaar het die tandemfiets ook weer deelgeneem.
Johanna hou graag die volgende bedankings voor: Overstrand Medical Response (Riaan & Kobus), Verkeerregulering (Tony en sy manne), Gansbaai Superspar, Built It, Seepwinkel (Johan & sy eggenote), Zeta van Heerden (water), Sarona’s Health & Beauty Clinic, Seeff Eiendomme en Hermanus Liquor Stores.
(Foto’s deur Jan en Johanna le Roux).
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...