Liro dop om

Liro dop om

Gansbaai Courant

“Jy moet nie te veel aanlas nie, ek is ‘n ervare skipper en kan nie glo dit het met my gebeur nie - ek wil nie eers my gesig in die dorp wys nie!” vertel De Wet Giliomee terwyl hy oor sy omgeslane boot praat. “Ek wil sommer dadelik dankie sê aan Pieter Kalbas, Nico Kotze en Koos de Kock vir die bystand en ondersteuning wat ek van hulle ontvang het.” De Wet en sy 2 bemanningslede het verlede Sondag, 22 Februarie 2015 by Joubert se Dam met sy boot, Liro, gaan hengel. Die vis het goed gebyt en hy praat van ‘n mooi klompie snoek en makriel wat almal “haai-kos” geword het nadat die boot omgeslaan het. “Die skroef, wat vermoedelik nie stewig genoeg vasgesit is nie, het uitgehak en die boot het water gevat en omgedop,” vertel De Wet. Hy is deur Pieter Kalbas tot by Black Sophie gesleep, waar Nico Kotze met Koos de Kock se kragtiger boot oorgeneem het en hulle na Kleinbaai Hawe gesleep het. “Daar was reeds 6 bemanningslede op Pieter se boot en hy het die 3 van Liro ook opgelaai, wat gemaak het dat sy boot te swak was om Liro na Kleinbaai hawe te sleep en Nico het met my boot oorgeneem,” vertel Koos de Kock. De Wet is ook ‘n lid van die Birkenhead Boothengelklub en hy sê daar is wel heelwat skade aan sy boot, maar dit is reeds herstel en op Dinsdag, 24 Februarie was Liro weer seevaardig.     

Hardus Botha

Liro dop om

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant