Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Chaos het verlede Sondag, 22 Februarie 2015 op die R43 naby Stanford losgebars. Aldus die mediaverklaring hierna, was daar ‘n struweling tussen twee persone, waarna een persoon op die toneel, as gevolg van ‘n meswond, gesterf het.
‘n Oproerige skare, wat ook buitebande aan die brand gesteek het, wou die gereg in eie hande teen die vermeende moordenaar neem toe SAPD-lede hom later die dag in hegtenis wou neem. Stanford SAPD moes hulp ontbied en die situasie het in chaos ontaard. Motorbestuurders van Hermanus se kant af moes van die Salmonsdam-grondpad as ‘n ompad gebruik maak om in Gansbaai te kom. “Met my aankoms daar het ek letterlik ‘n ‘gelaaide’ atmosfeer onder die oproerige skare aangevoel, so al asof hulle gewag het vir iets groots om te gebeur,” vertel Monica Hayes, Gansbaai Courant se Grafiese Ontwerper. “Ek was vanaf Bellville op pad na Gansbaai en is dankbaar dat ek vroeg teruggekeer het, anders was ek met my Uno in die donker op die grondpad.” Gansbaai Courant het ook verneem dat Hein de Goede van Gansbaai se pa, Ray Harris, se suster, Alvida van Zyl noodgedwonge van die grondpad gebruik moes maak, terwyl dit iets is waaraan sy nie gewoond is nie. Sy kuier tans van Kanada af by ‘n vriendin in Pearly Beach. Sy was van Bredasdorp af op pad en haar motor het op die grondpad buite beheer geraak en teen ‘n boom gebots.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...