Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Elsabé van der Merwe, ‘n bekende gesig by Kleinbaai Superette, het vele redes tot groot dankbaarheid. Sy was verlede Dinsdag, 3 Maart 2015, op pad na Stanford om haar seun, Alec, se Opel Corsa Light terug te neem. Kort voor die Stanford’s Cove-afrit op die R43 het sy gevoel hoe die voertuig se agterkant met mening swaai. Sy sê dat sy toe waarskynlik té hard aan die stuur geruk het omdat sy bang was vir aankomende verkeer. Die voertuig het deur die digte bosse langs die pad gebars en op sy sy te lande gekom. “Ek was verward en wou uit, maar het deurmekaar geraak met wat bo en wat onder is,” vertel sy. “Selfs toe Riaan Buys van Overstrand Medical Response by my uitkom en sê ek moet die venster oopdraai, het ek vir hom gesê ek weet nie waar nie.” Die vermoede bestaan dat die motor se kragstuur die oorsaak kan wees dat die voertuig so onverwags buite beheer geraak het. “Ek was erg geskok, maar ek besef dat ek baie gelukkig was om geheel en al ongedeerd uit die voertuig te kon kom en ek is baie dankbaar daaroor.” Sy het vir Riaan Buys van Overstrand Medical Response, Gansbaai SAPD en Gansbaai Brandweer bedank vir hul flink optrede en ondersteuning.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...