Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Vele hawe-wandelaars en besoekers aan Gansbaai se nuwe hawemuur moes al gewonder het oor die 33vt Dean Catamaran seiljag, Stella Maris, wat al vir sowat 10 jaar roerloos daar vasgemeer is - behalwe wanneer die storms woed. “Ek het die seiljag sowat 10 jaar gelede in 2005 in Simonstad gekoop met die doel dat ek en my eggenote, Diedré, gereeld vir ontspanning see toe kan gaan,” vertel Johannes Grobbelaar van Kleinbaai. “My ontnugtering was groot toe my vrou, ná ‘n paar keer se rondvaar hier naby rond, gesê het dat dié gerondvaardery nie vir haar bedoel is nie.” Johannes sê hy het die seile afgehaal en verkoop in die hoop dat minder seevoëls daar sal pla, maar dit het nie gehelp nie. Op haar tyd was die Stella Maris (uitgespreek as “Maríés”) ‘n prag-seiljag, maar met die jare wat verbygevlieg het, het verwering ernstig toegeneem. Johannes het vir 20 Februarie vanjaar ‘n plek in die droë dokke gekry, maar die een probleem na die ander het opgeduik. “Ek hoop nou om die boot weer behoorlik te laat herstel en dit as ‘n “huisboot” by Hermanus of by die Theewaterskloofdam te gebruik en gelukkig is die twee motors nog feitlik nuut,” sê Johannes. Die naam “Stella Maris” beteken “Ster van die See”, wat reeds in antieke tye as ‘n simbool gebruik is. Internetinligting dui op die volgende: “Stella Maris ‘sea-star’ is a name of Ursae Minoris or Polaris, the ‘guiding star’ (also ‘lodestar’, ‘ship star’ and ‘steering star) because it has been used for celestial navigation at sea since antiquity. Star of the Sea is a translation of the Latin title Stella Maris. The title was used as a guiding star for Christians, especially gentiles, whom the Old Testament Israelites metaphorically referred to as the sea, meaning anyone beyond the ‘coasts’. Under this title, the Virgin Mary is believed to intercede as a guide and protector of those who travel or seek their livelihoods on the sea.”
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...