Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Op Sondag, 8 Maart 2015 omstreeks 14:00 is ‘n winkel, Sr Chin, oorkant Midas in Hoofstraat beroof. Die eienaar van die winkel was in die winkel toe ‘n onbekende man haar nader en versoek om ‘n hamper aan hom te verkoop. Sy het die winkel oopgesluit, waarna die man haar gegryp en haar agtertoe in die winkel geneem het. Hy het haar hande vasgebind het en haar mond toegebind sodat sy nie om hulp kon roep nie.
Aldus ‘n mediaverklaring wat deur AO Wynand le Roux van Gansbaai SAPD uitgereik is, het die dame nog twee persone saam met die aanvaller gewaar. Die verdagtes het met ‘n verskeidenheid van goedere op die vlug geslaan. Niemand is in die voorval beseer nie en ‘n saak van besigheidsroof word deur Gansbaai SAPD ondersoek. Riaan Buys van Overstrand Medical Response is ook na die winkel uitgeroep. Hy sê dat hy ‘n 9-maande swanger dame ondersoek het om te bepaal of sy en haar ongebore baba se toestand in orde is. “Behalwe vir skok, was daar geen ernstige skade nie en was die dame en haar ongebore baba in goeie toestand,” sê Riaan. Enige persoon met inligting rakende hierdie voorval, kan Gansbaai SAPD se Speurtak by 028-384-0202 kontak.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...