Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Donderdag, 5 Maart 2015 was nie vir Gansbaai se bekende algemene praktisyn, dr Christo Barnard, ‘n goeie dag nie. Hy het soos gewoonlik vroegoggend gaan fietsry om vir oulaas oefening vir die Argus-Fietswedren in te kry, waaraan hy eerskomende Sondag in die Kaap sou gaan deelneem het. Daarvan kan hy nou vergeet, aangesien hy op die nuwe teerpad tussen Kleinbaai en Franskraal, net verby die eertydse Birkenhead Lodge, deur ‘n motor raakgery is. Hy het met been- en ribfrakture op die grond beland. Christo is daarna in die Hermanus MediClinic met drie gebreekte ribbes, ‘n bobeenfraktuur en ernstige armbeserings opgeneem. Met krukke en al was hy Maandag weer terug in sy spreekkamer, besig om te werk. “Daar is siek mense wat my nodig het - ek kan mos nie dat hulle vir my wag nie,” het hy met sy kenmerkende glimlag gesê. Dit kon baie erger en selfs noodlottig gewees het, maar groot dankbaarheid bestaan dat dit nie die geval was nie. Christo het ook ‘n tyd gelede ‘n heupvervanging ondergaan, maar gelukkig vir hom is daar geen skade aangerig nie. “Ek is gelukkig om ‘n padfiets, ‘n bergfiets en ‘n motorfiets te kan besit, maar ek is nou al op al drie omgery en al drie kere was dit ‘n vrouebestuurder,” vertel Christo, met sy humorsin wat sommer vinnig weer genormaliseer het. Sowat 9 jaar gelede is Christo op sy padfiets raakgery, 7 jaar later was dit op sy motorfiets en nou op sy bergfiets, en soos reeds gesê - elke keer was dit toevallig vrouebestuurders. “Ek voel net dit is nie goed vir my ego nie, aangesien dit vir my wil voorkom asof die vrouens my nie eers raaksien nie!”
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...