Gedenkboek gemeenskapsorganisasies

Gedenkboek gemeenskapsorganisasies

Gansbaai Courant

Die afgelope maande lyk my werkstafel asof ʼn orkaan dit getref het, maar stadig maar seker word die een hoop kleiner en die hoofstukke op die rekenaar word meer. Die gesoek na Gansbaai en omgewing se verlede het ons meer en meer laat besef hoe belangrik ʼn gemeenskap se daaglike doen en late is – en nog meer – hoe belangrik om dit te boekstaaf en om elke foto, knipsel en selfs briewe te dateer. Ons spandeer soms ure om datums met foto’s en gebeurtenisse te laat ooreenstem.

Daarom het ons besluit om ook Gansbaai se huidige gemeenskap te boekstaaf en die afgelope weke het ek alle gemeenskapsorganisasies probeer kontak. Probeer is werklik die regte woord, want soos die jare aanstap, raak mens minder betrokke by sosiale organisasies en verloor jy tred met wat in en om jou dorp aangaan.

Ons wil ʼn ernstige beroep doen op alle organisasies, kerke (alle denominasies), skole, sportklubs (hengelklubs ingesluit) om ASSEBLIEF terugvoering te gee. Dit sluit alle gemeenskappe in. Vanaf Masakhane, Blompark, PearlyBeach, Baardskeerdersbos, Kleinbaai, Gansbaai tot by De Kelders. Indien ek u gekontak het en u reeds terugvoering gegee het, baie dankie. Indien u nog niks van my gehoor het nie, weet ek nie van u organisasie nie en hoop ek dat u tog wel sal reageer.

Al wat ons van u verlang, is om 100 tot 150 woorde oor u organisasie te skryf. Stigtingsdatum, ledetal, fondsinsame-lings, betrokkenheid by feeste of enige ander sosiale betrokkenheid. Moenie bekommer oor hoe u dit saamstel nie – dit word wel weer geredigeer.

Stuur dit aan sdfourie@telkomsa.net of lewer af by die Toerisme Buro of Strandveld Museum. Sluit asseblief u naam, organisasie en telefoonnommer in.

Oor vyftig jaar beplan die mense van die dorp moontlik ʼn nuwe boek en dan het dié gemeenskap van vandag help skryf aan 2015 se geskiedenis.

Jan en SD Fourie, 082 255 8509

Gedenkboek gemeenskapsorganisasies

Jan en SD Fourie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant