Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Rodney Adendorf (25) is op Donderdag, 19 Maart 2015 om 23:00 gearresteer en het Maandag in die Hermanushof verskyn. Hy was sedert Januarie uit op borgtog vir 6 inbraaksake waarmee hy in Blompark verbind word. ‘n Lasbrief is daarna vir sy inhegtenisname uitgereik. Die saak is uitgestel tot 19 Maart, maar hy het nie by die hof opgedaag nie. Tydens sy borgtydperk is hy met nog inbrake verbind en staan nou tereg op 14 sake. Tans word hy as ‘n gewoonte-misdadiger geklassifiseer en sal in aanhouding bly.
“Ons bedank graag die gemeenskap vir die inligting wat ons ontvang het en wat tot sy arrestasie gelei het,” het Kapt Danie Rautenbach van Gansbaai SAPD gesê. Kapt Rautenbach het ook ‘n ernstige beroep op gemeenskapslede gedoen om onder geen omstandighede gesteelde goedere as ‘n “winskopie” te koop nie, maar dat die polisie summier daarvan in kennis gestel moet word. “Samewerking in hierdie verband is van groot belang, aangesien ‘n mark geskep word wanneer gesteelde goedere gekoop word.” Hy sê kopers van gesteelde goedere sal sonder twyfel aangekla word. Gansbaai SAPD kan te alle tye by 028-384-0201 gekontak word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...