Weer fnuik hengel Nie pret nie

Weer fnuik hengel  Nie pret nie

Gansbaai Courant

Soos al ‘n paar keer gebeur het, fnuik weersomstandighede die Birkenhead Boothengelklub op kompetiesiedae, maar beslis nie die “agterna” funksie nie. Daarvoor is hierdie klub te op en wakker - jammer vir die hengelaars wat nie kon uitgaan nie. Die onlangse funksie het gesellig verloop met Johan en Suzette Wiese wat vir die onthaalgedeelte verantwoordelik was. Die klub is ook gereeld gewild onder oorsese besoekers, asook gereelde besoekers vanaf Hermanus. Tydens hierdie funksie het Philip en Lorraine Fourie se gaste vanaf Montrelette, Suid-Frankryk, Ian en Jenny Hazelton saam gekom en hulle het behoorlik gedans dat die spreekwoordelike stof staan en ook gesê dat dit ‘n besonderse ervaring vir hulle was. Nog besoekers was Gerry en Sandie Westmacott van Greyton, asook die alombekende Jack en Anita Doyle van Engeland. Later die aand is Annette Carstens deur Johan Wiese gevra om die gelukkige kaartjie vir die bottel wyn te trek - en Annette trek toe sowaar haar eggenoot, Johan Carstens se kaartjie - so moet ‘n gelukkige huwelikspaartjie mos met mekaar wees! Raymond Rabe het weer eens gesorg dat die jeukende dansvoete die hele aand aan die beweeg bly en daar is tot laataand gesellig saamgekuier. Die volgende hengelkompetisie en gesellige funksie is vir Saterdag, 11 April 2015 geskeduleer en kennis kan nou reeds geneem word van die klub se jaarlikse en gewilde Moedersdagete op Sondag, 10 Mei 2015. Funksie- en algemene navrae kan aan Johan Wiese by 084-680-1269 of voorsitter Philip Fourie by 082-747-3634 gerig word, met kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha

Weer fnuik hengel  Nie pret nie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant