Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die DA Gemeenskapsprojek, Winterwarmte, is steeds goed bedrywig. “Gansbaai se dames is vlytig aan die brei om te verseker dat kleuterhartjies warm gaan klop die winter,” sê rdl Riana de Coning. “Met die aanvang van die winter gaan ‘n totaal van 110 kleuters van 3 kleuterskole in die dorp en ander woongebiede almal mussies en handskoentjies ontvang.”
Riana is self aan die stuur van sake met die projek, “Winter Warmte”, en sy sê daar is ‘n té groot hoeveelheid kleuters in die area om almal vanjaar by die projek te laat baat, maar die plan is om volgende jaar weer ander skole ‘n beurt te gee. “Baie dankie aan die publiek vir die skenk van wol tot dusver,” sê sy. “Daar is ‘n houer vir die doel in die Pins and Needles wolwinkel in die Sparsentrum waar die gemeenkap hul deel kan doen.”
Sy sê dat Overstrand DA ook finansiële ondersteuning gaan bied, maar skenkings vanaf die publiek word deurgaans verwelkom, aangesien die doel is om dit ‘n gemeenskapsprojek te maak. “Teen slegs R20 per bol, kan ons sorg dat kleuter-koppies en handjies warm gaan wees die winter!” Riana bedank graag die dames wat alreeds die breinaalde laat klap het vir die pragtige mussies en handskoentjies wat reeds voltooi is.
Sy doen ‘n beroep op almal wat wil help brei om haar asseblief by 083-597-2781 of 028-388-0788 te kontak.
“Opskud, opskud, die winter is om die draai!”
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...