Nogsteeds makriel

Nogsteeds makriel

Gansbaai Courant

Die makriel wat die afgelope naweek nog klopdisselboom geloop het was die teiken van ‘n heel paar bote. By Joubert se Dam het die aasvis skole gemaak en kort-kort was daar ‘n geraas soos hulle moes padgee vir, waarskynlik die makriel. Die enkele snoekies wat ook aan die hoek kom hang het het seker ook ‘n aandeel hierin gehad. Moet sê dit was nie sommer vir ankergooi en vang nie, maar indien jy varkoog gegooi het en naby die ander bote (wat reeds die soekwerk gedoen het) gaan lê het, kon jy jou maar klaarmaak om te maai onder die vis. Hoewel die grootte nou nie so wonderlik is nie, is daar tog mooies en hulle kos inkatrol!

Normaalweg sal die makriel so entjie onder die oppervlak ronddwaal en dan na bo gelok word. Wanneer dit gebeur is ‘n sinker onnodig en die gewig van ‘n “swivel” normaalweg voldoende om die aas net onder die oppervlak te hou. Sardynaas is koning. Hoewel ‘n enkelhoek genoegsaam behoort te wees beteken ‘n tweede hoek lokaas, maar somtyds is die resultaat daarvan ‘n “tweeling”  --  twee visse op een slag. En die twee saam beteken opwinding.

Hou jou lyn lig en die hoeke aan die klein kant. Plaas jou aas so ‘n meter of drie voor jou, gee kans vir die sak en wees gereed vir aksie.

Indien jy al genoeg makriel in die boot het, laat sak jou lyn bodem toe vir ‘n hottie  --  dié is nou mooi vet. Wat meer wil jy hê? Lekker!

Groete, Seemeeu

Nogsteeds makriel

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant