Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
SAMSA Mariene Kennisgewing nr 4 van 2015 bepaal dat vanaf 1 Julie 2015 genoemde radios nie meer deel van ‘n boot se veiligheidstoerusting gaan wees nie. Dit word van booteienaars verwag om oor te skakel na VHF radios soos in die kennisgewing genoem word. ‘n Kennisgewing is by Gansbaaihawe se kantoortjie by die ingangshek opgeplak, asook by Kleinbaai sleephelling se kantoortjie sodat booteienaars kan lees waaroor dit gaan. Dit word van booteienaars verwag om nou al te begin met die oorskakeling voor genoemde vervaldatum om enige teenspoed te voorkom. Die volgende kategorie bote sal geraak word: B C D, alle klein vaartuie, sport/ontspanning en kommersieël. Elke eienaar/skipper benodig ook ‘n lisensie wat jaarliks hernu moet word, asook ‘n operateur/sertifikaat.
Aansoekvorms vir lisensies is by my (Koos de Kock) beskikbaar en ek kan ook help met die voltooiing daarvan. Samesprekings is met Harry Booker van “Crazy Stores” in verband met die aanhou van ‘n voorraad radios en antennas gevoer. U baie vriendelike samewerking word met hierdie aangeleentheid verwag.
Koos de Kock (SADSAA Ondersoek/Veiligheidsbeampte)
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...