Huisroof helderoordag

Huisroof helderoordag

Gansbaai Courant

Twee huisrowers het Donderdag 'n jong man (25) oorval en met 'n pistool teen die kop gedreig. Die man het om 13:00 by 'n woonstelblok in Hoofweg, De Kelders, op 'n rusbank lê en televisie kyk. Die twee rowers het by die sitkamer se oop skuifdeur ingekom en sy kop op die bank vasgedruk. Hulle het hom herhaaldelik beveel "keep quiet". Terwyl die een rower die pistool teen sy kop gehou het, het die ander een die woonstel deursoek. Beide het ligblou oorpakke aangehad en een was lank en skraal en die ander korter en frisser gebou. Hul gelaatskleur was ligbruin. Die twee verdagtes het in die rigting van Stanfordsbaai met 'n selfoon, juweliersware en 'n tablet weggehardloop. Die polisie vra dat die publiek wat iets verdags opgemerk het die Speurtak by 028 384 0201 moet skakel.

Francois de Jongh

Huisroof helderoordag

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant