Paas verkeersvloei

Paas verkeersvloei

Gansbaai Courant

Vakansietye en langnaweke se welkome besoekers, asook inwoners, bevind hulself ongelukkig altyd in frustrerende verkeersopeenhopings by die 4-rigtingstoppe voor die munisipale-kantore en die Great White Junction sentrum, asook by die kruising na die industriële gebied, Kleinbaai en Pearly Breach net buite Gansbaai. “Ons het besluit om vanjaar ‘n proefneming met puntdiens by altwee hierdie 4-rigting stopstrate te doen, met die vertroue dat dit ‘n bydrae tot beter verkeersvloei sal lewer,” sê Francois Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie. “Bestuurders word ook aangeraai om van alternatiewe roetes soos deur Blompark gebruik te maak,” het mnr Myburgh gesê. “Verder sal so ‘n groot as moontlike gedeelte van die nuwe teerpad tussen Kleinbaai en Franskraal ook teen die naweek oopgestel wees, wat groot gerief vir Franskralers te weeg sal bring.” Motorbestuurders word versoek om geduldig en versigtig te bestuur om sodoende te verseker dat veral besoekers aan Gansbaai en omgewing hul verblyf nie net sal geniet nie, maar ook sonder probleme na hul tuistes sal terugkeer.

Hardus Botha

 

Paas verkeersvloei

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant