Diefstal uit bote

Diefstal uit bote

Gansbaai Courant

Weer eens is ‘n boot gestroop. Wat gaan aan? In ‘n naburige dorp is so iets ongekends en die mense se bote staan buite sonder dat ‘n vreemde hand daaraan raak. Hier by ons is daar al soveel kere ingebreek en die bote word gestroop van goed soos petroltenke, visvinders, GPSe en omtrent enigiets wat verwyderbaar is. Die aantal diefstalle is belaglik en moet end kry. Dit lyk asof ‘n sindikaat ‘n besigheid daarvan maak en dis hoog tyd dat iets definitiefs daaraan gedoen word. Hierdie is natuurlik ‘n taak vir die polisie aangesien ‘n misdaad gepleeg word. Maar dit is ook so dat dit nie lyk asof die polisie effektief genoeg is om hierdie lafhartigheid hok te slaan nie. Indien die skuldiges hier lees, en ek kan my voorstel hoe hulle nou sal grynslag, (maar hierdie gelag is van pure onnoselheid), ek het nuus vir julle! Dit is logies dat julle in die donker rondsluip om goed van ‘n ander man te steel en geen respek vir iemand anders se besittings het nie. Lag nou, maar wees verseker een of ander tyd gaan julle vasgetrek word en julle sal dan die gevolge moet dra wanneer jy iemand vierkant in die oë moet kyk en nie agter die donker kan skuil nie. Wees gewaarsku! Hou liewer vrywillig op   --  ‘n vriend is baie meer werd as ‘n vyand.

Gelukkig weet ons dat daar eerlike mense is wat vir hierdie lafhartige misdadigers geen ooghare het en ook nie met hulle geassosieer wil wees nie. Vir enigiets of iemand wat eerlik is, is hierdie rondsluipers in die donker baie versigtig. Ons vra hierdie eerlike mense om hulp. Enige potensiële slagoffer behoort bereid te wees om vergoeding te verskaf aan enigeen wat die nodige inligting verskaf om hierdie inbrekery tot ‘n einde te bring. Julle name sal weerhou word. -- 

Iemand wat al keelvol is

Diefstal uit bote

Iemand wat keelvol is

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant