Gansbaai Bystaan Seereddingstasie

Gansbaai Bystaan Seereddingstasie

Gansbaai Courant

Dit is vir my baie onaangenaam om aan te kondig dat genoemde stasie op 31-03-2015 gesluit is. Graag wil ek baie graag die volgende persone en instansies hartlik bedank vir hulle hulp en bystand in die verlede. Nico Kotze en Willem Stevens, my bemanningslede, asook vir alle herstelwerk op my boot, baie dankie ouens. Cassie, Riaan, Chantell en Steven en later ook Kobus wat bygekom het van Overstrand Medical Response wat hulp en bystand verleen het met insidente langs die kus met die behandeling van beseerdes, baie dankie, gaan aan met die baie goeie werk wat julle in die omgewing doen. Louw Hugo, Ronnie en Muis, baie dankie vir al die hulp en bystand in die verlede. Die bemannings van die haaibote en sleephellingpersoneel vir al julle hulp, bystand en vriendelikheid, baie dankie. Baie dankie Awie vir die goedkoopste kafee op die sleephelling. Baie dankie vir lede van die plaaslike SAPD wat in die verlede gehelp het met die herwinning van mense wat verdrink het en deur haaie gebyt is. Gaan aan met die baie goeie werk wat julle in die omgewing doen. Baie dankie vir al die lede van die publiek wat in die verlede insidente aan my gerapporteer het, baie dankie vir u oplettendheid.

Insidente moet van nou af aan die plaaslike SAPD gerapporteer word by 028-384-0201 of 10111 te skakel.

Koos de Kock (SADSAA Ondersoek/Veiligheidsbeampte)

Gansbaai Bystaan Seereddingstasie

Koos de Kock

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant