Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Dis was weer ‘n bedrywige Paasnaweek met vakansiegangers van heinde en verre. Johan Botha van Uilenkraalsmond Vakansie-oord sê ondanks die reënweer wat ‘n rol gespeel het, het hulle veel meer besprekings as verlede jaar gehad. Hulle was ±95% vol, met die vakansiehuisies wat ook volledig beset was. Gansbaai Karavaanpark se Norman Stevens meld dat hy op ‘n stadium gedink het hulle is besiger as Desembermaande. Die 54 staanplekke (“plots”) maal ± 4 mense het sowat 250 mense opgelewer, met die 14 vakansiehuisies wat ook almal met gesinne beset was. Strandskloof Karavaanpark se Tot en Isabel Fourie is eweneens opgewonde oor ‘n stampvol Paasnaweek. Hulle 66 staanplekke (“plots”) met ± 6 persone het sowat 400 kampeerders opgelewer en hulle sê dit was die bedrywigste Paasnaweek óóit wat hulle gehad het. By Gansbaai Toerismekantoor het sowat 200 vakansiegangers ingeloer om navraag oor akkommodasie en besienswaardighede in en om Gansbaai te doen.
Dus, soos gewoonlik, was dit ‘n goeie Paasnaweek, asook vakansietydperk met oorvol winkels, restaurante en gastehuise wat weer vir ‘n goeie ekonomiese inspuiting vir Gansbaai se sakelui gesorg het, met dankbaarheid teenoor die vele en welkome besoekers.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...