Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die hartseer van ‘n tragiese gebeure 25 jaar gelede lê steeds diep in familielede se harte. ‘n Koerantuitknipsel (onbekend) van 2 April 1990 het na 'n grootskaalse soektog verwys, kort na die verdwyning van drie bekwame en gesoute vissermanne: Michael Newman (toe 39), Boetie Abrahams (toe 30) en Aubrey van der Raath (toe 33). Hulle was destyds bemanningslede van Matie Nowers van Ichtus Visserye se visserskuit, Michelle.
Hy het hulle as ervare vissermanne beskou en toe hulle sy perlemoenskuit vra om te gaan visvang, het hy volle vertroue in hulle gehad. Nadat onraad vermoed is, het twee Albatros-vliegtuie en ‘n reddingsboot van NSRI, asook Matie Nowers met sy boot, aan die soektog deelgeneem. Die vissermanne se liggame is nooit gekry nie. Gesinslede van die 3 vissermanne het hul verlange na 25 jaar soos volg aan Gansbaai Courant voorgelê:
Van Boetie
Dit is nou 25 jaar gelede wat Henties Abrahams deel van 3 vissermanne was wat by Dangerpoint vermis geraak het. Dit was vir die familie ‘n tragiese gebeure omdat geeneen van hulle liggame ooit gevind is nie. Henties was een van vyf kinders, waarvan hy die jongste was. Sy ouers is altwee oorlede, asook twee van sy susters, met ‘n broer en suster wat nog oor is. Sy oudste broer, Leonard Abrahams, was ‘n bekende by Gansbaai Marine met 25 diensjare, asook sy suster, Annie Claassen met 17 diensjare. “Die familie wat agtergelaat is, mis jou baie, maar ons weet dat jy veilig is waar jy is. "Rus in vrede".
Van Clara May en Caroline Hendricks
25 jaar gelede verloor ons ons broers, Mike Newman en Aubrey van der Raath op ‘n tragiese wyse. Mike en Aubrey saam met nog ‘n mede-visserman het verdrink. Mike was een van ‘n tweeling waarvan die ander een nog leef. Mike word deur sy 3 broers en 2 susters oorleef, by name Clara, Johnny, Urban, Hendrik en Caroline. Aubrey word deur sy susters, Caroline, Elize en Anetta oorleef, asook deur ‘n broer, Boet. "Die gemis is na al die jare steeds groot en julle plek is steeds leeg. Rus in vrede".
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...