Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Bakleiery tussen twee mans het Sondagoggend om 2.40 tot die skietdood van ‘n onskuldige 19 jarige omstander gelei. Michael Koert en sy vriende het staan en kyk hoe 2 mans voor Roosstraat 22 baklei. Die een het egter na die huis gehardloop en sy vriend wat daar woon, Renaldo Newman, wakker geklop en gesê: ”Hulle wil my doodmaak”. Toe Newman na buite gaan, is hy, volgens hom gevloek en met klippe gegooi. Hy is weer terug die huis in en het sy gelisensieërde pistool gaan haal. Hy beweer dat hy waarskuwingskote gevuur het om die groep uit mekaar te jaag. In die proses is Koert in die rug getref. Hy het later op die toneel gesterf. Die ondersoekgebied het oor sowat 80m gestrek en afgevuurde 9mm patroondoppies en een patroon is verspreid gevind. Koert is sowat 80m van Newman se huis geskiet. Volgens ooggetuies het een van Koert se vriende na sy dood na Newman se huis gegaan en gesê: ”Jy het my vriend doodgeskiet”. Daar word beweer dat Newman toe twee skote op hom geskiet het terwyl hy probeer weghardloop het. Newman , wat ‘n staatsgetuie in die Barendssindikaatsaak is, beweer glo dat hy om dié rede vir sy lewe gevrees het en uit selfverdediging opgetree het. Die ooggetuies se weergawe dui egter nie daarop nie. Newman se huis is egter wel na Koert se dood, met klippe bestook. Daar was heelwat mense op daardie stadium op pad huis toe , aangesien die Tavern pas toegemaak het. Michael se ma, Magrieta, het haar na die toneel gehaas, maar hy was reeds oorlede. "Ek het vir Renaldo dieselfde aand in die polisiesel gaan sien en vergewe vir dit wat hy aan my kind gedoen het. Hy was baie dankbaar en het gesê dat hy baie jammer is", het Magrieta gesê. Haar hartseer lê egter diep aangesien dit haar tweede seun is wat op straat vermoor is. Haar oudste seun, Andrè (22) is 10 jaar gelede naby haar huis in Dahliastraat na ‘n mesaanval dood en haar man, ook Michael, het in ‘n motorongeluk naby Baardskeerdersbos gesterf. Hy was op pad om kerkgangers huis toe te neem. Newman ,’n sekuriteitsbeamptebestuurder, het Dinsdag in die Hermanushof op ‘n klag van moord en poging tot moord verskyn . Die saak is uitgestel vir ‘n borgtogaansoek.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...