Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Op 2 April 2015 het Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie die nuwe sel by die Karwyderskraal-stortingsterrein amptelik geopen. In haar toespraak het sy ondermeer melding gemaak van die suksesvolle onderhandelinge tussen al die betrokke partye en die samewerking tussen munisipaliteite en die provinsie om ʼn gemeenskaplike doelwit te bereik, naamlik die heropening en benutting van dié stortingsterrein tot voordeel van alle belastingbetalers.
Een van die voordele verbonde aan die opening van die nuwe sel is dat meer as een munisipaliteit die stortingsterrein kan benut. Uiteraard sal dit ook nie langer nodig wees om die westelike dorpe se vullis na Gansbaai te vervoer nie, wat ʼn kleiner koolstofvoetspoor tot gevolg het en die Gansbaai-sel se verwagte leeftyd aansienlik sal verleng weens die verminderde volumes vullis wat na daardie stortingsterrein vervoer word. Die projekkoste van R9,3 miljoen is deur Munisipaliteit Overstrand gefinansier, sowel as ʼn bydrae komende van die departement van plaaslike regering se toekenningsfonds vir munisipale infrastruktuur (MIG), waarvoor die munisipaliteit baie dankbaar is.
Burgemeester Botha-Guthrie het die kontrakteurs Burger & Wallace, alom beskou as een van die voorste kontrakteurs op hierdie terrein, bedank vir hul uitmuntende werk en daarop gewys dat nege tydelike werksgeleenthede in die loop van die kontraktydperk vir inwoners vanuit omliggende gemeenskappe geskep is.
Na raming sal ongeveer 155 000 ton vaste afval in die nuwe sel gestort kan word. Teen die huidige groeitempo sal dit dus ongeveer vyf jaar duur voordat ʼn nuwe sel in bedryf gestel moet word.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...