Gansbaai SAPD nuus

Gansbaai SAPD nuus

Gansbaai Courant

Groot Perlemoenvonds:

Op 13 April 2015, omstreeks 22:00 het lede van die MCM patrollie op die R43 naby Donkergat (Soetfontein), Pearly Beach gery. Hulle het op ‘n groot hoeveelheid perlemoen in sakke afgekom. Die perlemoen is deur hulle in sakke gesit en vanuit die gebied verwyder. Die hoeveelheid het op sowat 15,000 te staan gekom en weeg sowat 1.7 ton, met ‘n geskatte waarde van ±R3,3 miljoen rand. Geen saak word ondersoek nie, aangesien die perlemoen verlate gevind is.         

 

Internet bedrog:

Dit het onder die aandag van die polisie gekom dat daar weer eens lede van die publiek is wat aankope via die Internet doen, sonder dat hulle seker is van die ware feite en sodoende deur skelms ingeloop word. Mense bestel goedere via die Internet en betaal groot hoeveelhede geld daarvoor, maar ontvang dan nooit die bestelde goedere nie of daar bestaan nie eers so iets nie. Die publiek word weer eens daarop gewys om meer bedag in hierdie verband op te tree. Dit is soortgelyk soos ‘n tyd gelede wat mense gekontak is en dan word hulle meegedeel dat hulle groot bedrae geld in ‘n kompetisie gewen het. ‘n Klein bedraggie moet dan inbetaal word om die groot bedrag geld te kan ontvang. Die klein bedraggie geld is sogenaamd vir administrasie-kostes. Baie mense het vir hierdie slenter geval en hul geld verloor. Wees bedag op dit wat julle doen en waaraan julle deelneeem. 

AO Wynand le Roux

Gansbaai SAPD

Gansbaai SAPD nuus

A/O CW le Roux, SAPD Gansbaai

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant