Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die toenemende (oor jare heen!) diefstal van trolies en inkopie-mandjies neem steeds drasties toe. “Duisende rande per jaar word jaarliks verloor as gevolg daarvan,” is die eienaars van Gansbaai Superspar (De Wet en Morkel van Niekerk) en Gansbaai OK Foods (Chris en Petra van Rensburg) se kommentare. De Wet vertel dat hy onlangs, uit pure frustrasie, self by winkels in Gansbaai omgery het, nadat hy deur ‘n kliënt ingelig is.
“Ek het meer as 10 trollies persoonlik uit verskeie winkels verwyder en op my bakkie gelaai,” het hy gesê. “Ek het net ‘n skouerophaling gekry en is meegedeel dat mense die trollies inbring en dat hulle niks daaraan kan doen nie.” Altwee genoemde instansies het aangedui dat hulle reeds begin het om amptelike klagtes van diefstal by Gansbaai SAPD te lê. “Ons gaan al strenger optree, aangesien dit blatante diefstal is wanneer ‘n trollie of inkopie-mandjie van ons persele af verwyder word,” is gesê. “Gansbaai SAPD is ook ingelig oor hierdie aangeleentheid.” Die eienaars doen ‘n ernstige beroep op hulle kliënte en inwoners om te help om trollies in woonbuurtes aan te meld om sodoende te help met die verliese wat gelei word. Gansbaai Superspar kan by 028-384-0269 gekontak word en Gansbaai OK Foods by 028-384-0001. Gansbaai SAPD se kontaknommer is 028-384-0201.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...