Drie broers op moordklag

Drie broers op moordklag

Gansbaai Courant

Drie broers van Masakhane staan tereg op 'n klag van moord nadat hul na bewering 'n man, wat hul perlemoen wou steel, doodgeslaan het. Xolisa Nzame (29), Fundile Nzame (31) en Avuyile Nzame (20) het gestroopte perlemoen op die herboude verbyteerpad agter Franskraal gedra. Volgens hulle wou drie mans die perlemoen by hul afvat. Die draers het weggehardloop omdat hulle gedink het dat dit polisielede was wat hul voorgekeer het. Toe hulle egter agterkom dat dit nie so is nie, het hul na die toneel teruggekeer en net een man, Nmzoxolo Vuka (53), daar aangetref. Die ander twee was reeds vort met die perlemoen. Hulle het vervolgens houtpaaltjies, wat langs die pad gestaan het om die hoogte van die opvullings aan te dui, geneem en Vuka daarmee geslaan. Albei sy arms is gebreek, hy het ook ernstige kopbeserings opgedoen en het later in die hospitaal gesterf.

Die beskuldigdes het na die aanval vir Ntsingiselo Mbuzeni (34) gebel om hul met sy voertuig te kom haal. Nadat hulle opgelaai is het hy in die verkeerde rigting gery en moes by padaanbouings omdraai.

'n Inwoner van die nabygeleë woonbuurt het gille gehoor. Secma het ondersoek ingestel, die beseerde langs die pad gekry en die polisie ontbied. Die polisie het die pad versper en die verdagtes is op pad terug gearresteer.

Die vier verdagtes is op borgtog van R2000 vrygelaat, maar moet daagliks by Hermanus se polisiestasie aanmeld. Hulle mag glad nie in Gansbaai kom nie.   Die saak is uitgestel tot 13 Julie vanjaar.

Francois de Jongh

Drie broers op moordklag

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant