Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Tannie Rens Fourie van Herberg-aan-See het op Saterdag, 25 April 2015 96 geword en kan voorwaar dankbaar wees teenoor ‘n familie wat werklik omgee. Sy is met bed-en-al na die sitkamer gebring, waar die tafels onder ‘n enorme hoeveelheid koek en lekkernye gekreun het. Stoele moes ingedra word om aan die groot hoeveelheid gaste sitplek te voorsien. So gaan dit elke jaar met haar verjaardae - familie en eetgoed vir Afrika - wat ‘n besonderse voorreg is dit nie. Die volledige 5 geslagte se teenwoordigheid was weer eens die hoogtepunt van die dag: Tannie Rens Fourie, Maria Otto (skoondogter), Ronel Visser (kleinkind), Marnel Rossell (agter-kleinkind) en Mienke Rossell (agter-agter-kleinkind).
Past Frikkie Zeelie sê hy voel al deel van die gesin en het die verrigtinge op gepaste wyse geopen. Tannie Rens lê alles net en gade slaan op haar bed, maar die vonkel in haar oë vertel ‘n ander verhaal - een van groot waardering vir die moeite wat vir haar verjaardag gedoen word, maar veral die gesellige samesyn van familie en vriende wat haar op haar verjaardag besoek en bederf het.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...