Diewenes oopgekrap

Diewenes oopgekrap

Gansbaai Courant

'n Verdagte aankoper van gesteelde ware en 3 inbrekers, wat na bewering aan hom gelewer het, is verlede week vasgetrek. Peet Bouwer (47) van Kleinbaai is gearresteer nadat 'n gesteelde TV in sy huis gevind is. Verder ondervraging het die polisie gelei na 'n motorhuis van 'n vakansiewoning in Franskraal waar 'n groot aantal gesteelde goedere gevind is. Dit sluit 6 skootrekenaars, Ipads, GPS'e, selfone en katrolle in.

Dié deurbraak is gemaak nadat 'n verdagte, Johannes Hendriks (21), verbind is met 'n huisbraak in Blompark waarna 'n TV verkoop is. Die ondersoek en inligting het die speurders gelei na Bouwer se huis in Kleinbaai waar die TV gevind is. Die ander gebergde gesteelde eiendom is daarna deur Bouwer uitgewys. Twee verdagtes Romano (Plankies) Tobias (24) en Roderick (Tarot) Dunston (24), is later vir diefstal uit motorvoertuie gearresteer en nog klagtes van huisbraak word tans teen hulle ondersoek. Hulle het na bewering hul gesteelde ware aan Bruwer verkoop.

Al vier verdagtes is gearresteer. Bouwer is op borgtog met voorwaardes vrygelaat omdat hy geen vorige veroordelings het nie. Die ander drie verdagtes is in aanhouding weens vorige oortredings. Aansoek om borgtog moet nog gedoen word.

Van die eiendom wat gevind is, is op Gansbaai Polisie se webtuiste op Facebook geplaas. Verskeie van dié items moet nog geïdentifiseer word.  Kontak die speurtak by 028 384 0201 met inliging.

Francois de Jongh

Diewenes oopgekrap

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant