Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Stanford se stortingsterrein van sowat 80 jaar gelede is langs die R43 net oorkant die pad van Hopland. Die vullis is vir baie jare daar op die asgate verbrand. As jy nou daar verbyry sien jy asrapers wat daar grawe op soek na enigiets van waarde. Ou bottels en ander interessante artikels sowel as ou geroeste yster word daar gedelf. Elke skrootdelwer grawe op sy eie klem, nes die diamantdelwers van ouds. "Die bietjie yster wat ons hier uithaal sit darem 'n broodjie op die tafel wat 'n kleuter gelukkig maak," vertel Bêrend terwyl hy verder grawe. Volgens hom kry hul R1 per kg vir dié ou yster en as jy nou 'n ou Fordkar se blok raakloop is dit jou dag. Die ander asrapers beaam dit en praat ook onder andere van die antieke botteltjies wat daar uitkom. Volgens die oud skoolhoof en raadslid, William Appel (82), wat in Stanford gebore is en sy lewe lank daar skoolgehou het, onthou hy die asgate goed. "Dit was al daar toe ek 'n jong seuntjie was en dateer maklik uit die dertigerjare van die vorige eeu."
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...