Waardering vir Nuwe Teerpad

Waardering vir Nuwe Teerpad

Gansbaai Courant

Tydens 'n gesamentlike vergadering van Wyke 1 en 2 van die Munisipaliteit Overstrand is daar op 13 Mei 2015 groot waardering uitgespreek teenoor die ontwikkelaars wat verantwoordelik was om Afdelingspad 1214 (aan die agterkant van die Franskraal en Kleinbaai woongebiede) van 'n teeroppervlakte te voorsien. Die Paaie Departement van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap het daarin kon slaag om befondsing vir hierdie projek oor twee (2) finansiële jare te verseker. Die Paaie Afdeling van die Overberg Distriksmunisipaliteit het onder die bekwame leiding van mnr Mannie van Eeden opdrag ontvang om die bou van die pad te onderneem. Die bouwerke aan die 5km lange pad is oor 'n tydperk van ongeveer 15 maande tot almal se tevredenheid afgehandel teen 'n totale koste van nagenoeg R20m. Die Uitvoerende Burgemeester van die Munisipaliteit Overstrand, Raadsdame Nicolette Guthrie-Botha, het tydens die geleentheid lof gebring aan die suksesse wat deur middel van samewerkende regering in die proses behaal is en het mnre Len Fourie (Hoofdirekteur: Padnetwerkbestuur - Provinsie Wes-Kaap) en Mannie van Eeden (Hoof: Paaie Afdeling van die Overberg Distriksmunisipaliteit) geloof vir hul bydrae in die bevrediging van hierdie behoefte van die Gansbaai gemeenskap. Mnr Johan Wiese (Voorsitter van die Kleinbaai Belastingbetalersvereniging) het genoem dat hierdie behoefte reeds gedurende 1970 deur die destydse Plaaslike Raad van Kleinbaai na die destydse Afdelingsraad van Caledon verwys is vir opname in 'n begroting. Hy het tydens die geleentheid spottender daarna verwys en gesê dat belastingbetalers nooit moed opgegee het nie en dat die verwesenliking van hierdie droom as voorbeeld van volharding beskou kan word. Ook die Voorsitter van die Franskraal Belastingbetalersvereniging, mnr Theuns Roodman het waardering namens die inwoners van Franskraal uitgespreek vir die voltooiing van die projek.   Volgens hom bied die nuwe teerpad nie net verligting op die bestaande munisipale strate wat Franskraal en Kleinbaai met Gansbaai verbind nie, maar bied dit ook groot verligting op verkeersknope wat veral gedurende spits vakansie seisoene ondervind word.

Dit is dan ook veral die sportvissermanne wat die tientalle spoedhobbels wat op munisipale strate aangebring is wil vermy, wat breed glimlag vir hierdie gladde splinternuwe teerpad. Die Munisipaliteit Overstrand (en veral die inwoners van die groter Gansbaai streek) is geweldig trots en dankbaar vir die projek van hoogstaande gehalte wat binne die goedgekeurde begroting en tydsraamwerk wat vir die projek gestel is, afgehandel is. Die Provinsiale Administrasie (Wes-Kaap) en die Overberg Distriksmunisipaliteit (paaie afdeling) verdien 'n veertjie in hul hoed vir die suksesse wat met die projek behaal is.

Francois Myburgh

Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie

Waardering vir Nuwe Teerpad

Francois Myburgh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant