Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die moontlikheid van vandalisme en inbrake is sekerlik deel van elke landsburger of organisasie se daaglikse lewe en dit kan enige tyd en enige plek enige persoon se pad kruis - hoe hartseer ookal - almal is daaraan onderworpe. Gansbaai Pistoolskietklub se klubhuis bokant die Lionsklubhuis was onlangs weer ‘n teiken van vandaliste en inbrekers. Items soos handdoeke, vadoeke, groot en klein borde, ‘n deur en kruideniersware soos sout, koffie, tee, suiker en dies meer is gesteel. Spykers en staalhake wat vir die heining gebruik word, is ook weg, asook hulle medium grote Eerstehulptas met toebehore. Die skade word op sowat R5,000 gereken en die saak is by Gansbaai SAPD aangemeld. Die op-en-wakker skietklub kom Saterdagoggende vir skietoefeninge bymekaar en bied ook jaarliks enkele ander interessante byeenkomste aan. Belangstellendes in Gansbaai Pistoolskietklub kan inskrywingsvorms en relevante inligting by Gansbaai Toerisme gaan afhaal. Die klub se oefentye onder die wakende oog van hulle ervare baanbeampte en voorsitter, Alec Kitley, is elke Saterdagoggend vanaf 08:00 tot ongeveer 10:30 en kinders met windbukse is eweneens welkom.
Enige navrae kan aan ondervoorsitter Andy Hammond by 028-384-2062 gerig word, of skakel voorsitter Alec Kitley by 028-384-0335 of 083-379-2275.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...