Uitnodiging na PACA terugvoeringsvergadering

Uitnodiging na PACA terugvoeringsvergadering

Gansbaai Courant

Gansbaai Toerisme rig hiermee ‘n vriendelike uitnodiging na ‘n PACA terugvoeringsvergadering wat op Maandag, 22 Junie 2015 om 18:00 in die Toerismesaal gehou sal word.

Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, sê dat die PACA-proses gedurende Oktober 2014 in die lewe geroep is. “Hierdie aksie is deur Gansbaai Sakekamer en Overstrand Local Economic Development (LED), in samewerking met Gansbaai Toerisme moontlik gemaak,” sê Glenda. “Dit was ‘n wonderlike en deelnemende proses en baie mense en organisasies van die gemeenskap het daaraan deelgeneem.” Die eindresultaat van die eerste PACA-byeenkoms was 10 korttermyn projekte wat in werking gestel is, met ‘n koördineerder (champion) vir elke projek. The 10 identified projects are: Destination Marketing Campaign; Better utilization of Festivals for marketing; Penguin and Seabird Sanctuary; Service Excellence & Associated training programmes; Township tours; Safetry & Security; Develope a shared vision of the future town look and feel; Small scale abalone production and skills development; Youth entrepreneurship development; Establishment of a local shuttle service. ‘n Terugvoeringsvergadering is nou vir Maandag, 22 Julie 2015 om 18:00 in die Toerismesaal belê. Tydens hierdie sessie sal die projekleiers terugvoering oor die vordering van hul onderskeie projekte voorlê, met sommige van die projekte wat reeds volstoom aan die gang is. Almal is welkom om te kom insit, te luister, insette te lewer en selfs ook om hulp aan te bied. Die meegaande foto’s is tydens die stigtingsvergadering van die PACA geneem.

Navrae in hierdie verband kan aan Glenda by 072-291-5564 of 028-384-1439 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net.

Hardus Botha

Uitnodiging na PACA terugvoeringsvergadering

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant