Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die afgelope tyd was daar weer etlike koperpypdiefstalle, veral in Franskraal se omgewing en inwoners moet maar op hul hoede wees. Johan en Annette Carstens is een van die gesinne wat sleg onder die diewe deurgeloop het en Johan het ook na enkele ander voorvalle waarvan hy bewus is, verwys. ‘n Man wat vir ‘n tweede keer ernstige skade as gevolg van koperpypdiefstal opgedoen het, is Kobus du Toit van Vleispaleis. “Die gas-koperpype vir my drie koelkamers kan nie met ander pype vervang word nie,” sê Kobus. “Aangesien dit die tweede keer is, is ek nou verplig om soveel as moontlik van die koperpype teen hoë kostes na binne te verskuif.” Kobus sê die onlangse skade, ‘n paar duisend rand, is soortgelyk aan sy skade verlede jaar. Dit gaan nie net oor die vervanging van die pype nie, maar ook die verkryging van tydelike koelkamers vir die vleis. Gedurende die dag is die gekap van die dief gehoor, maar hy het weggehardloop en die een klep (duursaam) neergegooi wat hy afgebreek het. Dieselfde nag het hy teruggekeer en die koperpype afgebreek en gesteel. Voornemende kopers van gesteelde koperware moet weet dat hulle die eintlike skuldiges is en swaar gestraf sal word. Gansbaai SAPD het bevestig dat Henry van der Rath intussen in verband met ‘n diefstalsaak (warmwaterstelsel) in Mullerstraat, asook diefstalsake in verband met koperpype in hegtenis geneem is en dat borgtog geopponeer word. Verdagte persone moet te alle tye by Gansbaai SAPD by 028-384-0201 aangemeld word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...