Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Fanie Viljoen, Gansbaai se bekende (en gewilde!) apteker van Gansbaai Apteek van die Arrie Nel Apteekgroep, is veilig op ‘n pad van herstel nadat hy op Saterdag, 13 Junie 2015 ‘n hartaanval gehad het. “Ek is so teen 14:30 huis toe en het middagete geniet, terwyl ek my gereed gemaak het vir die rugby-uitsending,” vertel Fanie. “Ek het erge borspyne ervaar en dit aan sooibrand toegeskryf, waarna ek iets daarvoor gedrink het.” Direk daarna het die borspyne vererger, sy linkerarm het begin pyn en hy het naar geword. Hy is terug apteek toe, waar hy ‘n relevante pilletjie onder sy tong gesit het. “My vrou het dr Frans Richards in die hande gekry en sy sê hy het groter as ek geskrik toe hy my sien,” sê Fanie. Hy is direk na Hermanus Medi-Clinic geneem, maar is daarna na Vergelenen Medi-Clinic in Somerset-Wes oorgeplaas waar ‘n angiogram op hom gedoen is. ‘n Stent is ingeplant en hy was tot verlede Vrydag in die Intensiewe Versorgingseenheid (ICU). Hy sê hy het Maandag, 22 Junie vir die eerste keer ‘n ent gestap, maar kon voel dat hy vinnig moeg word. “Die herstelproses is minstens 14 dae, maar die Arrie Nel Apteekgroep se manne sê ek moet langer tuis bly om behoorlik te kan herstel,” sê hy. ’n Tweede angiogram is op hom gedoen en die dokters is tevrede met sy toestand, maar het gemeld dat sy hart wel skade opgedoen het. Met ‘n voldoende herstelperiode word egter voorsien dat Fanie se hart volkome sal herstel. “Een ding is seker en dit is dat ek nou besef het hoe pynlik die borspyne werklik is,” sê Fanie. “Ek wil net graag langs hierdie weg baie dankie sê vir die oorweldigende belangstelling, beterskapwense en gebede wat my te beurt geval het - my waardering daarvoor is groot en opreg!”
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...