Skokrower gelig

Skokrower gelig

Gansbaai Courant

'n Man wat positief deur sy vingerafdrukke met die November 2012 skokhuisroof in De Kelders verbind word, is Dinsdag aangekeer.

A/O de Does van die Hermanus Opsporings Eenheid het die verdagte na 'n versoek deur Gansbaai se Speurtak, opgespoor en gearresteer. Dit volg nadat die vingerafdrukke wat in 2012 op die misdaadtoneel gelig is ooreengestem het met dié van die verdagte, Sivuyile Gwebo (32) na 'n inbraak in Hermanus verlede jaar.

Twee vermoedelik Xhosa-sprekende mans het op Maandagoggend, 12 November 2012 kort voor 05:00 by De Kelders ingebreek en ‘n 25-jarige vrou beroof en met verkragting gedreig.                                                                                                                 

Candyn Edwards, wat maar slegs ‘n week tevore by haar ouers se huis in Retreatstraat kom bly het om hul nuwe koffiewinkel, Tuscany, te bestuur, is in haar bed oorval.

“Ek het wakker geword toe die lig aangaan en ‘n man in my badkamer gesien. Hy het my met ‘n mes gedreig en vir geld gevra.” Volgens haar het sy vir hom die geld wat sy in die kamer gehad het gegee en hy het toe gevra dat sy die badkamer se buitedeur moes oopsluit. Die sleutel was egter nie daar nie en sy moes toe haar kamer se skuifdeur oopmaak.

 ‘n Tweede man het toe na binne gekom en beide het haar met messe gedreig en gevra of daar nog mense in die huis was. “Ek het gesê my pa en ma slaap op die boonste verdieping waarop hulle aanhoudend gesê het: “Be quiet or we will kill you.” Hulle het haar goed begin deursoek en juweliersware en ‘n beige baadjie met ‘n kappie met veelkleurige patroon gesteel en een het dit aangetrek. Hulle het ook haar selfoon en FNB-bankkaart geneem. Toe hulle die kaart sien, wou hulle weet watter bank dit is. Dit was vir haar vreemd dat hulle nog nie van Eerste Nasionale Bank gehoor het nie. Hulle het my pinnommer gevra en ek het dit vir hulle neergeskryf, want hulle het gedreig om terug te kom en my dood te maak as dit verkeerd was. 

Hulle het my hande daarna agter my rug met ‘n elektriese koord vasgebind en my voete met tou. ‘n Sokkie is in my mond gedruk en met elektriese koord om my kop toegebind. Die een, wat eerste by die badkamervenster ingebreek het deur die diefwering te verwyder, het toe gedreig dat hy my gaan verkrag,” het Candyn Dinsdag steeds geskok vertel. Volgens haar het hulle daarna ‘n trui oor haar kop getrek en sy het amper versmoor. Hulle het ook ‘n oop koffer oor haar kop geplaas en goed bo-op gestapel om haar vas te pen.

“Ek het kort daarna die skuifdeur hoor toegaan, maar het nog geruime tyd doodstil bly lê, want ek was bang een het in die kamer agtergebly.” Sy het later haar bene losgewikkel en in die res van die huis waar die alarmstelsel aan was, ingegaan.

Die stelsel is geaktiveer en Secma se sekuriteitsbeampte, Cassie Carstens van Overstrand Medical Response en die bure was gou op die toneel. Candyn is na die Medi Clinic in Hermanus geneem vir waarneming en traumabehandeling. “Ek wil almal wat my bygestaan het bedank. Hulle was ongelooflik,” het Candyn destyds dankbaar gesê. 

Candyn is tevrede met die polisieoptrede en sal teen die beskuldigde in die hof getuig. Gwebo het Maandag in die Hermanus Hof op 'n klag van huisroof en poging tot verkragting verskyn. Borgtog word deur die staat teengestaan en hy bly in aanhouding en 'n herkenbare foto van hom kan eers daarna gepubliseer word. 'n Uitkenningsparade moet nog gehou word.

 Francois de Jongh

Skokrower gelig

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant