Huismoles lei tot dood

Huismoles lei tot dood

Gansbaai Courant

'n Argument tussen 'n man en sy vrou oor geld het na bewering Sondagaand om 02:00 tot die man se dood gelei.

Frankie Newman (49) het na 'n oor en weer bakleiery aan 'n meswond in die bors gesterf. Volgens ooggetuies in hul huis in Kampeerweg 9 in Blompark, is sy vrou, Rachel Newman, erg aangerand en was haar gesig geswel en bebloed.

Volgens haar het Frankie in hul slaapkamer gedreig om haar met 'n bierbottel te slaan. Sy het toe vir hom gesê dat sy hom met 'n steakmes wat op die bed gelê het sou steek. Die mes se lem het volgens haar egter uitgeval en toe hy oor die bed probeer klim, het hy misgetrap, en met sy bors op die los lem geval. Hy het glo toe op die bed bly lê en self die lem uit sy bors getrek en haar versoek om 'n lap aan te gee. Hy is egter kort daarna dood.

Sy bejaarde ma, Elizabeth Joemat, glo egter nie hierdie weergawe nie en sê: "Sy het hoeveel keer al gesê sy gaan hom vrek maak."

Rachel het Dinsdag in die hof verskyn en die staat het nie borgtog teengestaan nie. Die oorledene was welbekend as 'n Munisipale Rioolsuigvragmotorbestuurder. Hy het egter kort gelede uit sy werk bedank.

Francois de Jongh

Huismoles lei tot dood

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant