Huis brand so hittete af

Huis brand so hittete af

Gansbaai Courant

Dit was so hittete of Vernon en Dalene Coetzee se woning te Hoofweg 37, De Kelders het afgebrand. “Ons het die vorige aand nog rustig voor die kaggelvuur in die sitkamer gesit en ek het sekergemaak die kaggelvuur brand nie meer toe ons gaan slaap het nie,” vertel Vernon. “Iemand het gemeld dat iets soos brand ruik, maar ons het nie na buite gegaan nie en gaan slaap.” Vroeg Dinsdagoggend het hulle egter rook geruik en het aanvanklik getwyfel of dit wel ‘n brand kan wees. By nadere ondersoek het hulle met ‘n skok besef die plafon en balke bokant die kaggel het reeds begin brand. Secma was eerste by hulle en Dalene en die beampte het met ‘n emmer water na die plafon gegooi. Nooddienste is inderhaas ontbied en Dalene sê almal was vinnig op die toneel. Die vermoede bestaan dat die sement en hout mettertyd uitgedroog het, met ‘n gaaitjie of wat wat dalk kon ontstaan het en waardeur die smeulende hitte die brand kon veroorsaak het. Die egpaar woon al 15 jaar daar en die kaggel het nog nooit probleme gegee nie. “Ons is baie dankbaar dat die brand betyds geblus is, anders kon die skade en gevolge veel erger gewees het,” sê Dalene. Sy bedank graag vir Secma, Cassie Carsten van Overstrand Medical Response, Gansbaai Brandweer en Gansbaai SAPD vir hulle vinnige reaksie op die noodoproepe, asook vir Prism Boland Makelaars wat dieselfde dag reeds vir ‘n assessor gereël het.   

Hardus Botha

Huis brand so hittete af

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant