Karavaanparkmoord skok

Karavaanparkmoord skok

Gansbaai Courant

Thys Willemse (63) van Plot 3, Franskraal Karavaanpark se moord gedurende Saterdagnag, 4 Julie 2015 om en by middernag, het skokgolwe deur die park en dorp gestuur. Thys het alleen gewoon en is eers Maandagoggend in sy woning gekry nadat onraad vermoed is en bure deur die venster geklim het om ondersoek in te stel.

Gansbaai SAPD is na die toneel ontbied. Die oorledene is om 18:30 nog lewend deur getuienisse in sy woning gesien. “Sy hande was agter sy rug vasgebind en dieselfde tou is van agter af om sy nek gedraai wat vermoedelik sy dood veroorsaak het,” sê Adj.Off. Wynand le Roux, woordvoerder van Gansbaai SAPD in ‘n verklaring. “Hy het toegemaak in sy bed gelê, asof hy aan natuurlike oorsake oorlede is en daar was ook nie tekens van ‘n struweling nie.” AO Le Roux het bevestig dat alles in die huis normaal voorgekom het en dat net ‘n bos sleutels en ‘n selfoon vermis is.

‘n Nadoodse ondersoek is uitgevoer en die oorledene se dood word aan versmoring toegeskryf, waarskynlik as gevolg van die tou se wurggreep om sy nek.

Die oorledene se seun, Johan Muller was met die ter perse gaan van hierdie berig vanaf Kroonstad in die Oranje-Vrystaat hierheen op pad. Kapt Jacobs van Forensies en sy span het vanaf Kaapstad gekom vir die forensiese ondersoek. Die oorledene was voorheen van Caledon, maar woon reeds vir die afgelope 5 jaar in die karavaanpark. Sy eggenote, Elize is sowat 2 jaar gelede oorlede. “Ons het vir Thys geken as ‘n persoon wat nie ‘n vlieg skade sal berokken nie en hy het gereeld saam met vriende in die park gekuier,” sê Leonora Stevens, Bestuurder: Franskraal Karavaanpark. “Ons het ‘n tyd gelede ‘n hele vlaag van inbrake, sowat 10 daarvan, hier ervaar waartydens veral TV’s en selfone gesteel is, maar die afgelope tyd was dit redelik stil.” Familie van die oorlede, André Moolman (‘n oud-kommissaris van Gansbaai SAPD) en sy eggenote, Nellie, het ook hul skok oor die moord uitgespreek en die meegaande foto van die oorledene aan Gansbaai Courant verskaf. “Thys se broer, Lendert Willemse, is met my suster, Ria getroud en in al hierdie jare wat ons Thys ken, was hy ‘n saggeaarde man wat baie huisvas was en wat niemand ooit enige skade sou berokken nie,” het ‘n geskokte Nellie gesê. “Thys sou eerskomende Dinsdag sy 63ste verjaardag gevier het.” Sp.Kapt. Danie Rautenbach doen ‘n beroep op enigiemand wat enige vorm van inligting rakende die moord kan verskaf om Gansbaai SAPD by 028-384-0201 te skakel.

Hardus Botha

Karavaanparkmoord skok

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant