Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Raak betrokke by Madibadag - Nog nie seker hoe om jou 67 minute dié Mandela Dag te spandeer nie?”, lui Flower Valley Vroeë Kinderontwikkeling Sentrums in Gansbaai-omgewing se boodskap. “Ons vra die gemeenskap se hulp en ondersteuning op Saterdag, 18 Julie vir Madibadag.” Besoekers aan die sentrums kan help met die verf van mure, tuinmaak, aanplant van bome en ander infrastruktuur ondersteuning. “Die ses sentrums vorm deel van die Flower Valley Vroeë Kinderontwikkelingsprogram en hulle is die Flower Valley Early Learning Centre te Flower Valley Plaas, die Good Hope en Takalane sentrums te Masakhane, Dolfyntjies sentrum in Pearly Beach, Seesterretjies in Buffeljags en Sunrise Sentrum in Stanford,” sê hulle koördineerder, Gabrielle (Gabbi) Jonker. Flower Valley Bewaringstrust het sedert 2013 die Vroeë Kinderontwikkelingsprogram geïmplementeer. Deur befondsing van die Wes-Kaapse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, asook die ondersteuning van die Overstrand Munisipaliteit en die gemeenskappe waar die sentrums geleë is, is daar 120 kinders wat deur middel van hierdie program baat vind. Die program bied administratiewe- en bestuursondersteuning aan die ses sentrums. ‘n Nuwe leerprogram vir kinders tussen die ouderdom van nul tot vier is ook ontwikkel. Die leerprogram moedig ‘n holistiese opvoeding aan vir jong kinders. “Nou kan die ses skole verder baat deur infrastruktuur ondersteuning op 18 Julie vanjaar,” sê Gabbi. “Van die benodighede sluit in groentetuine, geverfde mure, swaaie, heinings en ander bydraes.” Om betrokke te raak by die sentrums op Mandela Dag, kan Flower Valley Bewaringstrust teen Dinsdag 14 Julie gekontak word.
Die koördineerder, Gabrielle Jonker kan by 028-425-2218 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by gabbi@flowervalley.co.za.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...