Nagpatrollie lei tot arrestasies

Nagpatrollie lei tot arrestasies

Gansbaai Courant

Gansbaai SAPD se sers Groenewald, sers Marais en konst Meyer het op 10 Julie 2015 nagpatrolliediens agter Eluxolweni gedoen. Hulle was op die uitkyk vir moontlike inbrekers in ‘n voetpaadjie vanaf Broadwaystraat in Pearly Beach na Eluxolweni. Op 11 Julie om 01:40 het hulle ‘n lig deur die bosse gewaar wat in hulle rigting op pad was. “Die persoon wat voor gestap het, het aan die einde van die voetpaadjie sowat 5 meter vanaf die SAPD-lede tot stilstand gekom,” sê Ad.Off. Wynand le Roux, woordvoerder van Gansbaai SAPD. “Hulle het hom gegryp en vir die besit van vermeende gesteelde goedere, die besit van ‘n gevaarlike wapen en verset teen arrestasie gearresteer.” Hy sê die tweede persoon het omgedraai en deur die bosse in die rigting van die voetpaadjie begin weghardloop. Sers Marais is agterna, met sers Groenewald wat gevolg het, nadat hy konst Meyer met die eerste persoon gehelp het. Sers Marais en sers Groenewald het daarin geslaag om die persoon in te hardloop en hom probeer arresteer. “Hy het sers Groenewald aan sy duim gebyt en daarna ‘n mes uitgepluk om sers Marais te steek,” sê AO Le Roux. “Laasgenoemde het die messteek met sy arm geblok en kon daarin slaag om die mes af te neem.” Die persoon is daarna ook gearresteer vir die besit van vermeende gesteelde goedere, die besit van ‘n gevaarlike wapen, verset teen arrestasie, aanval op sers Groenewald en poging tot moord op sers Marais. Sers Groenewald het wel mediese behandeling ontvang, maar nie een van hulle het ernstige beserings opgedoen nie. Die twee verdagtes van Eluxolweni het reeds in die Bredasdorphof verskyn en is tans in aanhouding te Buffeljachts totdat hulle in die hof moet verskyn. Voorwaar dapper optrede deur die drie SAPD-lede gedurende middernagtelike ure.

Hardus Botha

Nagpatrollie lei tot arrestasies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant