Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Flink reaksie deur Safe Security Systems van Gansbaai en Gansbaai SAPD, het daartoe gelei dat ‘n inbreker by Gansbaai Munisipaliteit op heterdaad betrap en gearresteer is. Die voorval het op Maandag, 27 Julie om 02:40 plaasgevind nadat Gerhard Burger van Safe vinnig op die geaktiveerde alarmstelsel van die munisipaliteit gereageer het. Hy het om die gebou gestap en na die vensters en deure gekyk. By een van die venster (opstoot-tipe) het hy handmerke gewaar, asook ‘n kabel binne die kantoor en besef daar is iemand in die kantoor.
Gerhard het Safe se kontrolekamer vir ondersteuning gekontak, met Henry Fellows van Safe wat vinnig opgedaag het.
Gansbaai SAPD is ook na die toneel ontbied, met konst Meyer wat vinnig gereageer het.
Henry en konst Meyer het deur die venster geklim en die inbreker, Jerome Bayman (18) op heterdaad betrap en gearresteer.
Sp Leon Crafford van Gansbaai SAPD het bevestig dat Bayman op Woensdag, 29 Julie 2015 in die Hermanushof verskyn het, met borgtog wat ge-opponeer is.
Bayman sal in aanhouding bly totdat hy verhoor word. Dina Haper van Gansbaai Munisipaliteit sê haar kantoor in die Tesourie-afdeling was “omgedop” en in chaos gedompel, met lessenaarlaaie wat uitgegooi is en rekenaarkabels wat afgesny is. Net ‘n rekenaar met toebehore is as vermis aangemeld. Intussen is die rekenaar tydens opvolg-aksies opgespoor, wat toe reeds in Blompark verkoop is. Die rekenaar is positief as Gansbaai Munisipaliteit se eiendom geïdentifiseer. “Die ondersoek duur voort, met nog ‘n moontlike arrestasie wat kan volg,” sê sp Leon Crafford. “Enige persoon met inligting wat met die ondersoek kan help, kan Gansbaai SAPD by 028-384-0201 skakel.” As gevolg van Safe is twee verdere arrestasies “toevallig” gemaak. Terug op pad na Gansbaai SAPD het Gerhard van Safe twee verdagte persone opgemerk en by hulle stilgehou. Met konst Meyer wat van agter af by hulle aangesluit het, is die twee persone se sakke by hulle deursoek en is inbraak-toerusting in hul besit gevind, waarna hulle gearresteer is. Verdere ondersoek het daarop gedui dat hulle ook vorige klagtes vir die besit van ammunisie teen hulle het. Knapgedaan Safe Security Systems - drie vlieë met een klap.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...