HaS Wintersport

HaS Wintersport

Gansbaai Courant

Gansbaai Goue Hande se jaarlikse Wintersport vir Herberg-aan-See se in-woners beteken net een ding: Groot pret en lag dat die trane loop!

Die byeenkoms is met ‘n lagsessie begin waar daar “oor niks” gelag is dat die trane rol! Enkele sportitems wat aangebied is: Musikale balonne; Rol tennisballe deur 2 gate in ‘n kartondoos; Knip meeste wasgoedpennetjies aan ‘n tou of die rand van ‘n kartondoos; Gooi “ping-pong” balletjies in ‘n bakkie.

Dan die kersie op die koek met hulle “Stok-in-Toiletrol”, waar een span ‘n stok tussen die bene vasknyp en die ander span ‘n toiletrol - met die stokke wat in die toiletrolle ingesteek moet word! Die personeel het ‘n dansitem gelewer, met hulle en Goue Hande se dames wat ook gewedywer het met die aangee van balonne oor die kop en tussen die bene deur. Die Houe Hande het glo Los Hande gewen.

Gansbaai Superspar het ‘n Word Game aan die inwoners geskenk, wat deur Leana Nash aan Suster Linda Meyer oorhandig is.

(Foto’s: Ute de Milander)

Hardus Botha

HaS Wintersport

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant