Wynmaker kritiek na messteek

Wynmaker kritiek na messteek

Gansbaai Courant

‘n  Wynmaker  (30) van Malmesbury het gedurende die langnaweek die dood letterlik in die oë gestaar nadat hy in Franskraal met ‘n skerp voorwerp in die bors gesteek is. 

Wynmaker oorleef messteek wonderbaarlik

Die aar wat die arm en brein verbind is afgesteek en die skade was van so ‘n aard dat dokters aanvanklik nie wou opereer nie. Volgens hulle moes die man nie oorleef het nie. Hy is per ambulans na Hermanus Medi-Clinic geneem waar hy behandel is. Daarna is hy inderhaas na Vergelegen Medi-Clinic in Somerset-Wes geneem. Die dokters, ingesluit een van Tygerberg Hospitaal, wou as gevolg van die erns van die steekwond nie ‘n operasie uitvoer nie en hy is na ‘n Kaapse Hospitaal geneem.

 ‘n Span kundige dokters is inderhaas bymekaargeroep en ‘n 5½ uur operasie is op hom uitgevoer om die afgesnyde are in sy borskas te heg. Die dokters het die operasie met dié van ‘n ope-hartoperasie vergelyk weens die erns daarvan. Hulle het gemeld dat, indien die steekwond ‘n sentimeter na enige kant toe was, die man sonder enige twyfel sy lewe sou verloor het. Die man, wie se naam om verstaanbare redes nie bekendgemaak kan word nie, het die langnaweek saam met vriende in ‘n vakansiehuis in Maraisstraat, Franskraal deurgebring. Gedurende die nag van Vrydagaand om en by 24:00 of daarna, het hy uitgestap vir vars lug. Hy het ‘n jong bruin man van tussen 20- en 25 jaar by die tweede verdieping van ‘n dubbelverdiepinghuis gewaar. Die verdagte het probeer weghardloop, maar is deur die man ingehardloop en gevang. Die verdagte het hom onverwags met ‘n skerp voorwerp direk bokant sy hart gesteek en op die vlug geslaan. Gansbaai SAPD en Cassie Carstens van Overstrand Medical Response is summier gekontak. Klagtes van huisbraak, diefstal en poging tot moord is deur die polisie geopen. Intussen is die verdagte as ‘n skraalgeboude, Afrikaanssprekende bruinman in sy vroeë twintigs met ‘n lengte van ±1.7-1.75 meter beskryf. Die man se geskokte vader, wat ook nie sy naam bekendgemaak wil hê nie, was in Kaapstad ten tye van die voorval. “Dit is alleenlik die Here se genade dat ons seun die voorval oorleef het en ons beskou dit waarlik as ‘n wonderwerk,” het hy gesê. Met die ter perse gaan van hierdie berig was die man steeds in die Intensiewe Sorgeenheid. “Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om Gansbaai SAPD en Overstrand Medical Response opreg te bedank vir hul vinnige reaksies en optredes,” het hy gesê. “Dit het alles daartoe bygedra dat ons seun se lewe gered is.” Sp.Kapt Danie Rautenbach het gesê ‘n Samsung iPhone en ‘n beursie is gesteel. Daar was met die ter perse gaan van hierdie berig nog nie enige arrestasies nie en die ondersoek duur voort. “Ek wil die publiek eerstens versoek om tot die uiterste versigtig te wees met die aankeer van moontlike verdagtes,” sê Sp.Kapt Rautenbach. “Die gevolge kan in die meeste van die gevalle ernstig en selfs noodlottig wees, aangesien die moontlikheid van ‘n versteekte wapen of skerp voorwerp nooit uit die oog verloor moet word nie.”

Hy het die publiek vir samewerking gevra deur enige inligting wat met hierdie saak verbind kan word, aan Gansbaai SAPD by 028-384-0201 aan te meld.

Hardus Botha

Wynmaker kritiek na messteek

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant