Galjoen Diva's

Galjoen Diva's

Gansbaai Courant

 “Ek voel nogal trots op my twee galjoene wat ek gevang het,” vertel Bertha du Toit van Pearly Beach Hengel- en Ontspanningsklub (rots- en strandhengel). Bertha se een galjoen het 1.3kg geweeg en die ander een 1.65kg. Sy het ook die damesafdeling gewen en het 3de in die klub geëindig. Sy sê die vorige maand se hengelkompetisie is deur ‘n dame, Alida Strydom gewen en dit was die eerste keer in die klub se geskiedenis wat ‘n dame die voortou geneem het.

Die klub spog reeds geruime tyd met hulle volwaardige dames-hengelspan wat hulself die “Galjoen Diva's” noem. Van hulle is Bertha du Toit, Liezl Myburgh, Colleen de Kock, Karen Hoogendijk, Joanne Bester en Jaenette De Kock.

Philip Fourie (Hengelkaptein) laat weet soos volg oor die onlangse kompetisie: "Geluk aan Ewan Swart met sy eerste plek, swaartste vis (Steenbras, 5.95kg) en swaartse sak (6.45kg). Tweede was Tony Hoogendijk met onder andere ‘n mooi Galjoen (2.3kg). Derde Bertha du Toit, vierde Christopher Botha en vyfde Denton Bauermeister. Bertha wen ook die dameskompetisie en Wessel Fourie die Seniors. ‘n Rekord van 67 hengelaars het ingeskryf en 14 het 19 visse van 26.25kg ingeweeg. “Baie dankie aan al die borge en Tony en Karen Hoogendijk vir die ekstra pryse,” sê Philip. “Dankie ook aan tannie Carla en Frances en haar span wat in die kombuis met heerlike bykosse vir die braai reggestaan het.” Hy bedank ook vir Mary-Anne Bernhardt, Suzette Van Wyk en Nikita Bernhardt wat in die kroeg moes bontstaan, asook Louw vir die lekker musiek en die braaiers, veral Stephan De Kock, wat vir meer as 100 mense moes vleisbraai. “Lisa Muller het pragtige foto’s geneem, met Marle en Johann wat dit op die posters gedruk het.” Die klub se volgende kompetisie is op 12 September en Goodwood Hengelklub kom teen hulle hengel.

Hardus Botha

Galjoen Diva's

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant