Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Taai mededinging was 'n uitstaande kenmerk van die agtste interskole-sportbyeenkoms verlede Saterdag op Gansbaai. Die Laerskool Gansbaai (Gansies) en die Laerskool De Villiers Graaff van Villiersdorp (Akkedissies) het mekaar in rugby en netbal opgekeil. Hoewel die dag reënerig begin het, het 'n paar honderd ouers, leerlinge en ander belangstellendes opgedaag om hul spanne aan te moedig. Die koel weer en gebrek aan wind was natuurlik welkom vir die spelers. Die hoogtepunt was die rugbywedstryd tussen die o/13-spanne. Die Akkedissies het naelskraap met 12 - 10 gewen danksy 'n verdoelde drie in die tweede helfte. Daarmee het die besoekers die ne-derlaag gewreek wat hulle verlede jaar op Villiersdorp gely het. Die o/13A-netbalwedstryd was ook hoogs mededingend en die Akkedissies het met 13 - 9 geseëvier.
Die volledige uitslae is: RUGBY: o/7 - LSG 15, DVG 0; o/8 - LSG 0, DVG 20; o/9 - LSG 5, DVG 0; o/11B - Okkie Smuts 22, DVG 0; o/11A - LSG 10, DVG 7; o/13A - LSG 10, DVG 12. NETBAL: o/7A - LSG 3, DVG 7; o/7B - LSG 0, LOS 1; o/8A - DVG 9, LSG 0; o/9A - LSG 5, DVG 11; o/9B - LSG 7, DVG 11; o/10A - LSG 7, DVG 7; o/10B - LSG 0, DVG 11; o/11A - LSG 6, DVG 8; o/11B - LSG 7, DVG 3; o/11C - LSG 0, LOS 12; o/12A - LSG 5, DVG 14; o/13A - LSG 9, DVG 13; o/13B - LSG 3, DVG 15.
Gerrit Cloete
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...