Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Twee mans het verlede Woensdagmiddag 'n sluipmoordaanval by die Pearly Beach R43-kruising oorleef. Die twee Hawstoners was in hul bakkie wat op die grondpad na Baardskeerdersbos langs die pad geparkeer was. 'n Ander bakkie het 2 mans kort daarna by die kruising afgelaai waarna hulle skielik uit die bosse te voorskyn gekom het. Hulle het die twee insittendes van die stilstaande bakkie oor die pad genader en met 'n handwapen losgebrand.
Nege skote is deur die deur aan die bestuurderskant geskiet. Die bestuurder is 6 keer in die romp gewond en sy passasier is in die been getref. Die gewondes is kort daarna deur hul vriende na die Provinsiale Hospitaal in Hermanus geneem. Die polisie van Gansbaai is eers ná toelating in die hospitaal in kennis gestel en die voertuig met 9 goed gegroepeerde klein radius skietgate in die deur is die volgende dag in Hawston gekry.
Daar is beslag op die bakkie gelê vir 'n forensiese ondersoek. Die twee beseerdes se name word om veiligheidsredes weerhou en die ernstigste gewonde is na 'n ander hospitaal oorgeplaas. Hy wou nie 'n klag lê nie, maar in so 'n geval kan die staat die klaer wees. Die een met die beenwond het egter in sy verklaring die verdagtes as kennisse uitgewys. Eugene Haroldien (36) en Gert Mclean (34), albei van Stanford, en Donovan Williams (32) van Belhar, maar welbekend in Gansbaai, is oor die naweek gearresteer. 'n Moontlike vierde verdagte word nog gesoek. Die gearresteerdes het Maandag in Bredasdorp verskyn en borg word deur die polisie teengestaan. Volgens Spr Kapt Danie Rautenbach blyk die aanval perlemoenverwant te wees. 'n Gebiedsoorlog tussen twee groeperinge het moontlik tot dié sluipmoordaanval gelei.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...