Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
΄n Motoris wat laat Maandagmiddag drie stopstrate in Gansbaai se Hoofstraat geïgnoreer het en daarna teen 'n hoë spoed op die R43 gejaag het, is deur Spr A/O Michael Vermeulen agterna gesit. Die vlugtende voertuig het by tye aan die verkeerde kant van die R43 gery en verskeie voertuie is rakelings gemis. Minstens drie voertuie is ook deur die bestuurder amper van die pad afgedruk. Hy het ook probeer om Vermeulen af te druk. Die hoëspoed jaagtog het geëindig toe die man by Maanskynbaai, naby Hermanus, beheer oor die voertuig verloor het en gerol het. Daniel (Dennis) Swart (35), is op die toneel gearresteer vir bestuur onder die invloed van alkohol en poging tot moord. Hy het ook die voertuig sonder die eienaar se toestemming bestuur. Swart het Woensdag in die hof verskyn.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...