Gansbaai Marine se Omgee

Gansbaai Marine se Omgee

Gansbaai Courant

“Die hulpmiddele wat Gansbaai Marine in my stort en toilet aangebring het, is van groot waarde vir my en my dankbaarheid daarvoor is groot,” vertel Kobus du Toit.

Kobus se been is op 6 Augustus vanjaar geamputeer nadat dit nie kon herstel na sy motorfietsongeluk in 2014 nie. André Coetzee, Direkteur: Gansbaai Marine, was by die haarkapper toe hy van bepaalde huishoudelike behoeftes vir gerief van Kobus gehoor het. Hy het die saak opgevolg en die volgende is vir Kobus geïnstalleer: stewige vlekvrye-staalpype en -handvatsels in Kobus se stort, asook handvatsels in die toilet, wat die gebruik van sy badkamer baie gebruikersvriendelik maak. “Hulle wou selfs handreëlings by die binne-trappe aanbring, maar dit kan eers gedoen word wanneer ek ‘n kunsbeen het, aangesien ek tans die muur as stut gebruik om op en af te beweeg,” vertel Kobus met groot dankbaarheid. Net soos Kobus, is André ook ‘n lid van Gansbaai se Motorfietsklub, die Scattered Links, Overberg Chapter. Die voorsitter van die klub, Pieter Maree, het onlangs begin met ‘n fondsinsamelingsprojek om weer “wiele” vir Kobus te gee. Die klub beplan die aankoop van ‘n driewielmotorfiets of die professionele bou van so ‘n motorfiets sodat Kobus nie meer van ander vir vervoer afhanklik hoef te wees nie. (Gansbaai Courant, 27 Augustus 2015).

Individue en besighede kan vir Pieter Maree by 083-292-0190 vir navrae skakel, of stuur ‘n e-pos aan hom by scatteredlinks.overberg@gmail.com.  

Die klub se bankrekening vir inbetalings is: ABSA; Scattered Links MCC Overberg; Spaarrekening no 927 530 8145. Erkenning sal aan alle donateurs gegee word, met Kobus wat hopelik na sy eie “wiele” kan uitsien. Intussen is verneem dat Kobus sy eerste motorfietsrit agter die rug het en dit terdeë geniet het. “Pieter het my agter op sy motorfiets gelaai en ons het Pearly Beach toe gery,” vertel Kobus. “Dit was eenvoudig te fantasties vir woorde en ek het dit baie geniet.”

Hardus Botha

Gansbaai Marine se Omgee

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant